Ontmoet Ons Span | Meet Our Team
Saam is die Swart Familie Webwerf-administrateurspan toegewy daaraan om die ryk geskiedenis van die Swart-familie te bewaar en te deel, wat 'n waardevolle hulpbron bied vir genealoë en familiehistorici regoor die wêreld.
Together, the Swart Family Website administrator team is dedicated to preserving and sharing the rich history of the Swart family, providing a valuable resource for genealogists and family historians around the world.
Ons verloor ons vader op jong ouderdom in 1975, hy sterf aan hartaanval by die huis. My moeder versorg ons allenig verder. My oudste broer is reeds werksaam by lugmag. Ek verlaat skool in Matriek a.g.v., omstandighede en sluit by Weermag aan. Neem my ontslag 13 maande later en begin onmiddellik met diensplig daarna. Voltooi my diensplig in 1980 en begin dadelik op die myn te werk as Leerling myner. Op 1 April 1980.
Terwyl ek as dienspligtige diens gedoen het is ek getroud met my lewenslange dierbare eggenoot Susanna Elizabeth Smit op 8 Junie 1979. Ons maak drie seuns groot en neem ook my skoonsuster se dogter aan en sy word ook as kind in ons huis groot.
My belangstelling in Genealogie het begin in 2009 nadat ek besef het hoe min weet ons van ons voorgeslagte. My moeder wat oop daardie stadium nog geleef het was 'n groot bron van my inligting en ons was geseën om haar met ons te hê tot en met 2019 wanneer ons haar verloor het op rype ouderdom van 86 jaar. Baie interessant moes ek uitvind dat my ouers en my grootmoeder Swart se tweede huwelik alles plaasgevind het op 8 Junie. My ouers en my grootmoeder is getroud op 8 Junie 1957 in dubbele huwelik. Baie moeilik om inligting uit die lewende mense te kry en so spook ek maar voort. In 2021 sluit ek aan by die Swart familie groep op “Facebook” Kort daarna word ek versoek om as admin diens te doen.
Ek is op hierdie stadium besig om die SWART familie geskiedenis sover moontlik korrek te dokumenteer en sal enige hulp waardeer. Ek doen op die stadium baie werk op WIKITREE en sal die Swart web blad se genealogie behartig saam met mede admin Nick swart
My oorlede pa'hulle het groot geword in die Middelburg/Loskop dam omgewing op die plaas Bankplaas. Hulle was 12 of 13 kinders gewees. Van hulle almal is daar nog net een suster oor (Tannie Marie) en sy is in haar laat sewentigs vroeer tagtigs en sy bly in Durban. Ons was 4 kinders my 2 susters is ouer as ek en dan my broer is jonger as ek. Ons het in Witbank groot geword en toe ek in die helfde van standard 3 was het ons Ermelo toe getrek. Ons kinders was daar in Van der Merwe Laerskool en in Ermelo Hoerskool.
Ek is op 09 Julie 1988 met Thea Pretorius in Ermelo getroud, en uit die huwelik is 2 kinders gebore 'n seun en 'n dogter. 08 Februarie 2023 is ek van Thea geskei. Ek het na skool op die myne begin werk en is uit Ermelo uit 30 Januarie 1990, waarna ek na Witbank verhuis het en 2 jaar later na Middelburg toe. Ek het in Middelburg gebly tot en met my aftrede in Junie 2014. Februarie 2016 het ek na Pretoria toe verhuis en ek en Wessie het 'n gastehuis in Montana in Oktober 2019 gekoop.
Ek is die 5de geslag Nicolaas Jacobus Swart, en die 10de geslag op my stamboom. My belangstelling in ons familie stamboom het begin in 2008, op 04 Junie 2008 het ek aan gesluit by die Swart familie bond, totdat hy gesluit. Dit is vir my belangrik om te weet waar ons Swart familie vandaan kom. Soos een navorser jare terug vir my gese het: : Dit is makliker om die dooies se inligting te kry as wat jy die lewendes se inligting kry”
Dit het my aan gespoor om meer oor ons familie uit te vind. In Dr Con
de Villiers se boek is my nageslag net tot by my oupa grootjie
“Francois Daniel Swart gebore 07 Aug 1872, oorlede 22 Julie
1984 – hy was getroud gewees met Margaretha Elizabeth Johanna Lourens,
gebore 10 Nov 1873, oorlede 07 Februarie 1935. Uit die huwelik is 2
seuns gebore, Nicolaas Jacobus Swart (my oupa) en dan sy broer Matthuys
Johannes Swart (Ek sukkel om die kant van die familie te kry).
Hy was daarna nog 2 keer getroud gewees. Op 63 jarige ouderdom trou hy met sy 2de vrou ene Jacoba Breedt (gebore Olivier) 23 Mei 1936, sy was 53 jaar oud gewees. Op 75 jarige ouderdom +- 3 maande voor sy selfmoord trou hy met sy 3de vrou ene Francina Hendrina Jacoba Brits (gebore Kruger) op 25 Mei 1948 sy was 45 jaar oud. 3 maande later op 27 Julie 1948 pleeg hy selfmoord deur homself in die kop te skiet op die plaas. Bogenoemde inligting van my oupa grootjie is aan my verskaf deur Peet Swart
My oorlede pa se laaste lewende broer Johannes Hendrik Swart (Oom Hans) het my so 'n jaar voor hy oorlede is, vertel dat hy kan die dag nog onthou hy was so 9 jaar oud gewees. Sy ouma moes hulle weghou van die plek af waar sy oupa homself geskiet het. Hy vertel dat toe die polisie klaar daar was en sy oupa (my oupa grootjie) se lyk is verwyder moes hy en van sy broers sy pa (my oupa) help om klippe op te stapel daar waar sy oupa homself geskiet het.
Wat ek wel geleer het uit my jare wat ek besig is met my familie stamboom is: dat jy wel sukkel om inligting uit die lewendes te kry. Dit was en is vir my 'n groot aansporing om ons stamboom vanaf my oupa grootjie “Francois Daniel Swart” so volledig as moointlik te kry. Maar soos ek reeds gese het die neefs en niggies hulle sukkel om die inligting te gee.
ONTSTAAN EN STIGTING VAN DIE BOND VAN DIE FAMILIE SWART.
In 1983 skakel Hercules Swart en sy Neef Morkel Swart as B2"s my as
B3 te betrek by die Stigting van 'n Bond vir die Familie Swart en ons
familie bymekaar te bring en mekaar beter te leer ken en om met die
geneanologie voort te gaan soos vervat in die boek Die Familie Swart van
Dr Con de Villiers en uitgegee deur die Raad op Wetenskaplike
Navorsing.
Ons eerste vergadering is gehou op 26 April 1983 aan huis van Hans Swart in Menlo Park, Pretoria.
Teenwoordig was die volgende:
Hercules en Annalie Swart,
Morkel Swart,
Hans Swart,
Dirk Swart,
Andrew Swart.
Die Agenda het die volgende behels:
Eerste Nasionale Familiefees in 1985,
Insameling van besonderhede van familie om bestaande boek aan te vul,
Hou van Streek Familiefeeste, Stigting van die Bond van die Familie
Swart, Aanstelling van die Trustees Insameling van Fondse.
Hans Swart is toe aangestel as Voorsitter. Die lede op die bestuur: Hercules Swart, Morkel Swart en Dirk Swart. Later het op die Bestuur bygekom Wyle Naas Swart, Marna Swart en Eben Swart Hans Swart het met toegewyde aandag sy volle gewig ingegooi om die Bond te vestig nl. om 'n Konstitusie te laat opstel, die jaarlikse nuusbrrief “Die Jaghoring” op te stel en uit te stuur na lede, die ledelys op datum te hou, die jaarlikse bydraes op te teken, die banksake te behartig, die Familiewapen te laat ontewerp deur die Buro vir Heraldiek en die organisering en reël van byeenkomste, die oprigting van 'n Klipstapel Monument op die plaas Uilenkraal naby Gansbaai en al die administratiewe verpligtinge waargeneem en leiding geneem en gegee. Eben Swart en Marna Swart het dit op hul skouers geneem om die boek oor te plaas op rekenaar. Hul het ook op die Bestuur gedien. Nadat Hans Swart oorlede is, is Dirk Swart verkies as Voorsitter.
Die volgende Familie Swart Feeste is gereël:
Nasionale Familiefeeste:
Rob Ferreira Kruitbad te Christiana 1-6 April 1983.
Goudini Spa - 300 jarige herdenking 4-8 April 1985.
Allemanskraal Dam te Willem Pretorius Natuur Reservaat 12- 15 Mei 1988.
Rustenburg Kloof 30 Aug tot 1 Sept 1991.
Roodeplaat Dam Pretoria 16-18 Sept 1994.
ATKV Buffelspoort Rustenburg 11-13 Sept 1998.
Streeks of Kontrei Een Dag Feeste:
Silverton Museum Pionierhuis 3 Augustus 1985
Overberg Saamtrek Struisbaai 15/16 Februarie 1986
Klipstapeling Monument te Uilenkraal 24 Maart 1980
Willem Prinsloo Kultuur Historiese Musem:
Pa, Seun/Kleinseun saamtrek 2-3 April 1993
Zwartkop Lapa Verwoerdburg 23 Maart 1996
Uilenkraalsmond Gamnsbaai Kontreifees 23-25 April 1999.
Weens die hoë reis en verblyfkostes en die dalende bywoning, is
besluit om feeste te staak en eerder te konsentreer om die geanologie
gegewens in te samel en op rekenaar te plaas en uit te brei.