ONTSTAAN EN STIGTING VAN DIE BOND VAN DIE FAMILIE SWART.

In 1983 skakel Hercules Swart en sy Neef Morkel Swart as B2"s my as B3 te betrek by die Stigting van 'n Bond vir die Familie Swart en ons familie bymekaar te bring en mekaar beter te leer ken en om met die geneanologie voort te gaan soos vervat in die boek Die Familie Swart van Dr Con de Villiers en uitgegee deur die Raad op Wetenskaplike Navorsing.
Ons eerste vergadering is gehou op 26 April 1983 aan huis van Hans Swart in Menlo Park, Pretoria.
Teenwoordig was die volgende:
Hercules en Annalie Swart,
Morkel Swart,
Hans Swart,
Dirk Swart,
Andrew Swart.

Die Agenda het die volgende behels:
Eerste Nasionale Familiefees in 1985, Insameling van besonderhede van familie om bestaande boek aan te vul, Hou van Streek Familiefeeste, Stigting van die Bond van die Familie Swart, Aanstelling van die Trustees Insameling van Fondse.

Hans Swart is toe aangestel as Voorsitter. Die lede op die bestuur: Hercules Swart, Morkel Swart en Dirk Swart. Later het op die Bestuur bygekom Wyle Naas Swart, Marna Swart en Eben Swart Hans Swart het met toegewyde aandag sy volle gewig ingegooi om die Bond te vestig nl. om 'n Konstitusie te laat opstel, die jaarlikse nuusbrrief “Die Jaghoring” op te stel en uit te stuur na lede, die ledelys op datum te hou, die jaarlikse bydraes op te teken, die banksake te behartig, die Familiewapen te laat ontewerp deur die Buro vir Heraldiek en die organisering en reël van byeenkomste, die oprigting van 'n Klipstapel Monument op die plaas Uilenkraal naby Gansbaai en al die administratiewe verpligtinge waargeneem en leiding geneem en gegee. Eben Swart en Marna Swart het dit op hul skouers geneem om die boek oor te plaas op rekenaar. Hul het ook op die Bestuur gedien. Nadat Hans Swart oorlede is, is Dirk Swart verkies as Voorsitter.

Die volgende Familie Swart Feeste is gereël:
Nasionale Familiefeeste:
Rob Ferreira Kruitbad te Christiana 1-6 April 1983.
Goudini Spa - 300 jarige herdenking 4-8 April 1985.
Allemanskraal Dam te Willem Pretorius Natuur Reservaat 12- 15 Mei 1988.
Rustenburg Kloof 30 Aug tot 1 Sept 1991.
Roodeplaat Dam Pretoria 16-18 Sept 1994.
ATKV Buffelspoort Rustenburg 11-13 Sept 1998.
Streeks of Kontrei Een Dag Feeste:
Silverton Museum Pionierhuis 3 Augustus 1985
Overberg Saamtrek Struisbaai 15/16 Februarie 1986
Klipstapeling Monument te Uilenkraal 24 Maart 1980
Willem Prinsloo Kultuur Historiese Musem:
Pa, Seun/Kleinseun saamtrek 2-3 April 1993
Zwartkop Lapa Verwoerdburg 23 Maart 1996
Uilenkraalsmond Gamnsbaai Kontreifees 23-25 April 1999.

Weens die hoë reis en verblyfkostes en die dalende bywoning, is besluit om feeste te staak en eerder te konsentreer om die geanologie gegewens in te samel en op rekenaar te plaas en uit te brei.